1. ‘n Polisiebeampte wat vinniger as jy kan skryf.
2. ‘n Kassier by Pick ‘n Pay wat glimlag as jy naderkom en vriendelik vra of sy kan help.
3. ‘n Toneel uit Sewende Laan waar Hilda hardop begin snik en erken sy het ‘n seksueel-oordraagbare siekte.
4. ‘n Nuusbulletin op TV sonder enige opbouende berig oor die regering.
5. ‘n Blonde vyftienjarige dogter wat vrolik om halfdrie in die oggend deur ‘n veldjie in Krugersdorp begin huppel en ongedeerd aan die ander kant uitkom.
6. ‘n Een-en-twintigste verjaardagpartytjie op ‘n Saterdagaand waar helfte van die mense vroeg huis toe gaan omdat hulle moreoggend kerk toe moet gaan.
7. ‘n Week in Gauteng, enige tyd van die jaar, wanneer die son glad nie skyn nie.
8. ‘n Braai in Boksburg waar slegs soja “patties” gebraai word.
9. ‘n Kafee in Pretoria wat weier om Coke te verkoop.
10. ‘n Snelweg-oprit in Johannesburg, waar ‘n vriendelike taxi-bestuurder jou inlaat om maklik van die linker na die regterbaan oor te beweeg.
‘n Groot persentasie polisiebeaptes is nie bekwaam om hulle werk te kan doen nie en moet waai, sê Mangosotho Buthelezi; goeie diens is ‘n mite in voorstedelike Suid-Afrika; Hilda gaan nog met daardie nekdoek om haar nek doodgaan op TV, maar eerder aan verwurging as iets anders; dankie tog vir e-tv nuus; hoekom wil blonde dogters daardie tyd van die ndag deur veldjies huppel, dis Afrika hierdie!; die kerke is leeg en die kroeë vol – ‘n volk sonder ruggraat; ‘n sprankelende feit oor ons weer is dat ons altyd sonskyn het; Afrikaners sal eerder doodgaan aan cholesterol as ‘n vitamien B-tekort; Coke is die olie wat ons samelewing aan die gang hou, tot Pepsi eendag oorvat (sien nota oor Vryheidsfront se plan om eendag te regeer); spaar jouself die pyn en hou links: red jou vrede, red jou vreugde!
Suigeling
Kopiereg S van Niekerk 2007
Saturday, January 13, 2007
RSA: 10 Onwaarskynlikhede
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comments:
Ja, wat kan ons sê? Dit was al beter beantwoord as wat ek kan probeer; "Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie." - Johannes 14:27
Alle dank aan ons Maker dat Sy vrede anders as die Wêreld s'n is!!
Post a Comment