Sunday, February 25, 2007

Maak Ry Pret!


Elf goed om te doen wyl jy in die verkeer vassit










1. Jodel.

2. Dames: Hekel kousies vir die kinders/kleinkinders wat eendag gaan kom/nooit gaan kom nie. Tollietjiebrei is vir almal. Gebruik verskillende kleure wol vir maksimum opwinding.

3. Gepraat van opWINDing: meng Eno en versuiker om enige verkeersknoop te ontknoop. Moenie jelliepoeier so in die ry eet nie. Mens verduidelik moeilik die rooi vinger by die werk.

4. Leer Zoeloe. Met nuwe wetgewing ter tafel sal almal voortaan gedwing word om ten minste drie mense saam te laat ry, selfs al ry jy net gou kafee toe. Helfte gaan ook uit minderbevoorregtes moet bestaan. Leer Zoeloe. By hulle.

5. Eet ooglopend disse wat mede-motoriste se aandag sal trek. Afval werk goed. Veral die oë. Of eet lekkergoedmuise, wat soos die ware Jacob, lyk soos hulle dit in “V” op TV gedoen het. Gooi kop agtertoe en laat sak muis in mondskag af vir maksimum reaksie. Troetel-kakkerlakkies is ook ‘n wenner. Kraakvars.

6. Maak of jy skielik moet rem en druk jou gesig dan in ‘n bakkie tamatiesous. Kyk op en regs en probeer dan om harder te skree as die vrou in die kar langs jou.

7. Vind uit hoe ‘n stokvel werklik werk. Jy het tyd. En passasiers wat WEET!

8. Dames: verf jou toonnaels. Mans: Skeer. Met skeerroom.

9. Verf die woord “Ambulans” op die kant van jou motor. Jy sal nooit laat wees vir werk nie. Lyk egter net altyd swanger. Vir indien jy afgetrek word. Mans: dink iets anders uit. Pass uit.

10. Vir as dit net lyk of die verkeer begin stilstaan, wees altyd daarvan seker dat jy drafklere aanhet, en begin rondom jou motor draf. Probeer selfs hoogspring oor die dak of hardloop in ‘n “jay walking” vlegsel. Dra “sweat bands”. Dis “cool”. Regtig. Nee, regtig.

11. Draai jou venster af en staar stip in die lug op. Kort voor lank sal almal saam met jou staar na lug. Dis goeie nekoefening en gee vir ander verveelde motoriste ook iets om te doen terwyl die verkeer doodstilstaan.

Kopiereg 2007 S. van Niekerk

0 comments: