Saturday, February 3, 2007

Vir 'n appel en 'n lamoen...


Foto: In die skadu van (die) ou "No Trading Sign". Geen verdere kommentaar blyk in hierdie geval nodig te wees nie.

Foto: Stefan van Niekerk

Mr. WAITER TERMINATOR: Nice to “meat” you… I'll be BACK

Oral spring deesdae die wonderlikste eetplekke in Gauteng op. Met name soos Adego, Piatto en nog ‘n paar wat ook dien as name vir menige Toskaanse-styl woongebiedontwikkelings aan die Wes-Rand.

Klink puik. Maar helaas. Die onopgeleide kelners by hierdie plekke, gee vir jou ‘n poedinglepel om jou koffie mee te roer, dieselfde lepel om jou wafel mee te eet, of verstaan slegs as jy in ‘n Franse aksent vir “Coke” vra want hulle kom van die Ivoorkus of die Kongo.

(Voordeel: Nou kan jy Frans praat in byna enige eetplek in Suid-Afrika!!)

En nou… MANIERE OM SWAK DIENS TE OORLEEF!!

1. As jy besluit om van die kelner se dienste gebruik te maak, SKREE altyd al jou antwoorde i.p.v. saggies praat, wat vir hulle ‘n teken van swakheid is. “WHAT FRUIT JUICES DO YOU HAVE?!!! NOW!!!! En slaan met jou vuis op die tafel.”

2. Spring op en gaan skree self jou bestelling by die kombuis, ten minste is dit jou eie skuld as jy die verkeerde kos kry. Vermy oogkontak met enige kelner, behalwe om af en toe in hulle rigting te gluur.

3. Leer om enige dis met ‘n lepel te kan eet, selfs steak. Alhoewel mens genoeg tyd vir ete opsy moet sit, kan dit jou daarvan weerhou om kwaad te word oor aandete, wat eintlik familietyd is. Nog beter: eet alle disse deur slegs jou vingerpunte te gebruik. Maak sulke vingerpuntbakkies waarmee jy pap, ag ek bedoel “pasta”, kan opskrap.

4. Jy hoef nooit weer na jou kelner te soek as jy tamatiesous of die rekening benodig nie. Neem altyd jou eie klokkie saam as jy gaan uiteet. Lui wanneer kelner verlang word. ‘n Teenvoeter vir die bekende “Kelner Verdwyningsaksie” – die kelner is altyd daar en val jou belangrikste gesprekke in die rede om te hoor “how is food?”. Tot jy hom soek vir enigiets…

5. Stel jouself voor as "Monsieur Tueur de Serveur" (Frans vir Mnr Kelner-aanvatter)

6. Skok die kelner voor ete deur die Franse vlag langs die tafel te verbrand en daarna te vra: “Can we order now, monsieur?”

7. Ou trick: bring ‘n paar troetelkakkerlakkies uit jou kriewelrige huis saam restaurant toe. Laat veertien vry bo-op die laaste happie Crème Brulee. Gil. Spring op. Weier om te betaal. Dit het niks met swak diens te doen nie, maar is ‘n doeltreffende kostebesparingsmaatreël. Wenk: moenie meer as een keer by die dieselfde eetplek probeer nie.

8. Koop kos op ‘n plek waar jy weet jy goeie diens gaan kry, soos by (slegs) twee McDondald’s-takke in die hele land (die res se glimlagte is net aangeplak en spoeg in elk geval agter die “deep frier” op die burgers – verwys: Carte Blanche, episode #317, 24/06/1998). Neem die burgers na jou naaste restaurant, pak dit op die tafel uit en kyk net die kelners vuil uit as hulle jou iets vra. Geniet jou ete dan verder en lag gedurig hard.

9. Eet ‘n blikkie tuna by die huis. Maak net eers oop.

10. Gaan werk bietjie as ‘n kelner by die Wimpy, en as jy dit enigsins beter kan doen (jy sal lag-lag kan): DAN het jy rede om te kla.

GRAPPIE VIR DIE WEEK:

Mike Schutte was nog 'n seuntjie toe hy eendag op sy oom se plaas gaan kuier het. Hy loop nog so eendag in die veld, toe hy op 'n moeder van 'n sinkgat afkom. Hoe diep is hierdie gat?, wonder hy. Hy tel 'n klein klippie van die grond af op, gooi dit in die gat en probeer hoor waar dit val. Niks.... Hy rol 'n groot rots nader, stoot dit met moeite oor die rand van die gat en probeer hoor wanneer dit iets tref.... niks. Hy sien eenkant in die veld lê 'n groot, swaar, soliede ou treinspoor "sleeper". Dit vat hom 'n eeu om die ding na die gat aangestoot te kry. Toe dit val hoor hy nog steeds... niks. Die volgende oomblik kom 'n waansinnige skaap daar aangehardloop en spring sonder seremonie in die dieselfde groot gat.

Die volgende dag vra Mike se oom hom: "Jy het nie dalk vir Blommetjie, die skaapooitjie iewers gewaar nie?"

Mike kyk hom vraend aan. "Waar het oom haar laas gesien?"

"O", sê die oom, "dis die snaakste ding. Sy was net hier buite die werf aan 'n groot, ou, soliede treinspoor "sleeper" vasgegemaak.

Groete,

Suigeling

Kopiereg S. van Niekerk 2007

1 comments:

Anonymous said...

Ek het met die man op jou foto gepraat en hy is heeltemal geregtig op sy 'trading station'. Hy 'trade' mos nie onder n 'umbrelle' soos die man in die pad teken nie!!! - Evlyn