Monday, April 30, 2007

Sewende Laan?


NUWE WETTE!

Die skeppers van die werklikheid-sepie “Seventh Avenue Street” het opgekom met ‘n paar nuwe idees vir Suid-Afrika wat moontlik spoedig wet kan wees:

1. Vanaf September 2008 sal dit verpligtend wees om ten minste drie (3) voorheen benadeeldes na elke braai of sosiale byeenkoms tussen mense te nooi. Maak dus gereed vir nuwe swart gesiggies by julle kuiers.

2. Burgers sal voortaan gedwing word om, indien hulle meer as twee (2) kinders voortbring, die derde (3e) enetjie is tradisionele Afrikanaam te gee. Maak dus gereed vir Themi Terreblanche en Dhlabusini de Klerk.

3. Die “Loyalty Police” sal binnekort die nuwe reël begin afdwing waarby elke burger ‘n foto van die land se president bo hul hoof slaapplekke moet hang. Die foto mag nie ouer as vyf jaar wees nie en daar mag nie horinkies of oorbelle met swart koukiepen bygeteken word nie.

4. Alle kopieë van die flieks “e-Lollipop”, “The gods must be crazy” en “There’s a Zulu on my stoep” sal uit videowinkels verwyder word en vervang word met “Cry, the beloved country”, “A dry white season” en “Tango Steps with Thabo”.

5. Huiswerkers mag voortaan sonder vooraf kennisgewing enige toilet in hul werkgewers se huise gebruik, en baddens. Hulle mag ook enige drank uit die drankkabinet drink en mag daarop aandring dat hulle werkgewers pienk oorpakke dra en hard oor die foon praat en lag.

6. Indien burgers in voertuie van punt A na punt B beweeg moet daar ten inste een (1) voorheen benadeelde saamry, al wil hulle nie eers eintlik tennisklub of Wiskundeklas toe gaan nie. Hulle kan grappies in die kar vertel. Burgers moet lag.

7. Vir die eerste drie maande van die proeftydperk sal alle burgers die video “Tango Steps with Thabo” bestudeer en sal elkeen gedwing word om spontaan te begin dans indien ‘n lid van die polisiediens of weermag burgers se huise aandoen.

8. Alle burgers sal Isidingo begin kyk, en dit geniet.

9. Aggie in Sewende Laan kan Marko te enige tyd soen. En hy sal dit geniet.

10.Hierdie reëls sal slegs opgehef word wanneer elke burger met ‘n hond as troeteldier, sy/haar hond geleer het om die eerste strofe van “Nkosi Sekelele’ iAfrika” vlot te kan blaf.

Kopiereg 2007 S. van Niekerk

0 comments: