Na ‘n paar weke van alles doen behalwe boeke lees oor die “Nut van Broccoli vir die Menslike Spysverteringskanaal” of “Strip jou Enjin ‘n Een Uur”, is ek terug na baljaring in die sneeu van Duitsland en wandel deur die lang Vrystaatse grasse.
Het julle geweet, daar is grotte en oorhangse rotshange waar boeretannies tydens die Anglo-Boereoorlog suksesvol van die Ingelse weggekruip het? Volgende week plaas ek dalk net ‘n foto van die plek - ek was vanoggend op so ‘n plek. Mens moet van ‘n krans af deur ‘n nou rotsskeur, wat met boomstamme en wortels deurtrek is, klouter, om by die “geheime” plek te kom. Dit is geweldig ruim, en onheilspellend afgeleë…
Maar eers: al ooit deur ‘n renoster gejaag? Of agter-op ‘n bakkie vinnig om ‘n draai gegaan en amper jou balans verloor? Ek weet wat jy wou sê toe die nood druk, en dit was nie FOEI-TOG nie! Dus vandag –
ONWAARSKYNLIKE UITROEPE AS DIE NOOD DRUK
O, HUISVERBANDPREMIEVERHOGING!

O, WINDSKERMVEëRRUBBERVERWERINGSVOORKOMING!
O, MIERPLAAGUITWISSINGSMETODES!
O, VOEDSELVERWERKERSELEKTRISITEITSVOORSIENINGSPROBLEEM!
O, WARMWATERSAKLEKPLEKHERSTELLINGS!
O, KRAMBINDER-EN GAATJIEPONSSKOONMAAKPOLITOER!
O, TELEFOONKOORDVERLENGINGSMEGANISMES!
O, THABO!
O, MANTO!
O, SJOE!
Groete,
Die Suigeling
Kopiereg 2007 S van Niekerk
0 comments:
Post a Comment