Foto: Linelle Smit
MAAR EERS, 'n FOTO!
* Hiermee dan die "grotte" waar boeregesinne meer as 100 jaar gelede tydens die Anglo-Boereoorlog van die Engelse weggekruip het. Die grotte, wat eintlik net oorhangende rotswande is wat in 'n vallei versteek is, is geleë op 'n plaas in die Vrystaat, tussen Memel en Vrede. Dit is by "Witkkoppe", ongeveer 30km van Verkykerskop, waar die De la Rey-musiekvideo geskiet is. (LW: DE LA REY IS NIE DAAR GESKIET NIE, NET DIE VIDEO!!) Dit is selfs vandag ver van alles van die beskawing af, sommige plase het steeds geen elektrisiteit nie.
As mens deur die koppies stap, moet jy mooi kyk want is daar slegs een ingang tot die grotte. Versteek tussen boomwortels is 'n enkele rotsskeur waardeur 'n mens net-net deurpas. Mens klouter dan af, tussen die boom en klippe en stap dan uit in 'n ruim, versteekte, byna amfiteater. Al wil mens van niemand wegkruip nie, is die grotte 'n perfekte braaiplek vir vandag se boere/avontuursoekers. En op 'n rots is daar uitgekrap: SANNIE WAS HIER. Kan dit wees? ;-)
RED FLUFFIE NOU!
Die voordeel van om naby 'n winkelsentrum te woon, is dat mens winkels toe en terug kan stap. Vanoggend, toe ek saam met 'n ousie wat 'n brood gaan koop het, terugstap huis toe, dink ek: ons moet iets doen! As dit so aangaan gaan al ons honde onder ons uitsterf en waarvan? Nie die booswigte of slim katte nie! Van die (duurste) hondekos wat ons hulle gee!
Daar was die afgelope tyd groot geraas gemaak oor die maatskappy Royal Canine se "Vet's Choice" hondekos wat die honde so laat doodgaan het. Ja, het almal gedink, ons is mos ryk. Kom ons gee vir Fluffy die duurste hondekos op die mark. Dan blink sy pelsie mooi, hy blaf hard, dan kan die bure sien hoe oulik ons is en hoe oulike hond ons het. Wat minder oulik was, was toe Fluffy heerlik aan die goue korrels begin vreet en na drie happe blou in die gesig word. Vreemd, want Fluffy is bruin. Toe, sonder waarskuwing verwissel Fluffy die tydelike met die ewige. Weg. Hemel toe. Hondehemel toe. Daar waarheen honde gaan wat soet was en nooit 'n werker van die Poskantoor van die aarbol verwyder het nie. Daar waar honde heeldag lê en slaap langs hope van die lekkerste kos der kosse: bene, duiwe, kruisskywe ens. Daar waar hulle heeltyd posmanne kan jaag. En hulle vang!
Dus, om verdere hartseer te voorkom, 'n resep wat jy kan gebruik om vir (jou nuwe) Fluffie gesonde kos voor te sit. Iets wat hy sal geniet en hom nie laat af"tjop" nie.
KATSTERT-BREDIE
Bestanddele:
1 middelslag posmanskoen
1 koppie hare van 'n half-nuut tennisbal
4 Indian Minah-kleintjies
1 groot duif

4 Hadidah toonaels
Halwe rugbybal
2 Katsterte
1 heel skaapboud
1 geel kanarie
2 gestrykte hemde
1 Koerant (vandag se uitgawe)
Metode:
Meng al die bestanddele. Voeg res van die katte by en dien op.
Indien al die bestanddele nie beskikbaar is nie, kan "tennisbal" met enige ander bal vervang word.

0 comments:
Post a Comment