Saturday, May 12, 2007

STADIG met die verf, Jonas!


*In die verlede het munispaliteite altyd in twee tale aanwysings op padoppervlaktes geverf. Nie meer nie. Het die Afrikaanse verf opgeraak? Foto: S van Niekerk


Kyk 'n video clip hiervan! KLIK: http://www.youtube.com/watch?v=1efyCLR1-Uc

AFRIKAANSE FLIEK!!!

Jy ry depressief die straat af. Jy het vanoggend jou sleutels in die huis toegesluit. En oor die bure se kat gery. Hulle enigste kat. Die werk was chaos en jy’s op die punt om jou bedankingsbrief in iemand se neus op te vryf. Jy ry. Dis ‘n 60-sone. Voor jou ry iemand 20. Jy kan nie sien wie bestuur nie, jy sien net-net ‘n wit hoedjie uitsteek. Dit help nie om kwaad te word nie. Na ‘n baie lang ruk kry die kruiper verbygevat. Miskien iets kry om te eet? By McDonald’s staan rye en rye vet mense gereed om te bestel. Jy doen ‘n dramatiese handremdraai en probeer die gedagte van Pro-Vitas met ‘n dun smeerseltjie Marmite op, heerlik te laat klink. Voor jy die keuse kan maak om Pro-Vitas te gaan eet of van ‘n brug af te ry, sien jy ‘n advertensie: Hulle adverteer “Ouma se Slimkind” teen ‘n lamppaal, die eerste Afrikaanse rolprent sedert “Paljas”. Jy besluit om dit te gaan kyk en skielik lyk die dag baie beter.

Ek het ook “Ouma se Slimkind” gaan kyk. Jy moet ook, want:

Die die eerste Afrikaanse rolprent sedert “Paljas”!!
Lucas Maree speel daarin, en sing “Kinders van die Wind”.
Die fotografie is onverbeterlik – skerp, blou lug, wuiwende grasvelde, Vrystaate koppies, met kinders wat kleilat, en ‘n ouma wat op ‘n traporrel liedjies speel.
Connie van “Sewende Laan” speel daarin.
Die musiek is om van verlange na mense wat jy nie ken nie, te huil. Amanda Strydom (“Taal van my hart”), Lize Beekman, ens.

Negatiewe aspekte van die fliek:
Op ‘n stadium vrommel iemand ‘n stuk papier op en gooi dit op die grond.
Kareltjie vergeet om sy broek by Klaradyn terug te vat.
Klaradyn staan nie op vir Kareltjie toe hulle sy lat breek nie.
Ek is seker die oumatjie het iewers ‘n noot verkeerd gespeel.
Mens sien nooit of Kareltjie die nigger ball klaar eet nie.
Daar is te veel rook vir so ‘n klein vuurtjie.
Kry mens swart varke?
Fanjan praat beter Afrikaans as ek.
Die Afrikaanse poliesieman lyk Engels.
Kareltjie het mampoer op die vuur gegooi.

Dus, nie veel om oor naar te raak nie. Gaan kyk tog net die prent! Vir volk en vaderland (ek sal eendag my regte resensie daarvoor gee….)

(Binnekort word ‘n fliek met Robbie Wessels as die “Gautengeleng”-karakter, Poena vrygestel. Vermy, vermy, vermy. Ek het net die voorprent gesien en as jy hou van “platvloers”, gaan koop sommer nou ‘n kaartjie en moet my nooit weer “mail” nie.)

Groete,
Suigeling
Kopiereg 2007 S van Niekerk

0 comments: