Van Woensdag af kos petrol meer in Suid-Afrika as ooit van tevore. Melk is skaars, die rentekoerse gaan waarkynlik in die komende week op, en alles word duurder… Dis alles erg, maar dit hoef nie die einde van die wêreld te wees nie. Bespaar net! Hier is ‘n paar kreatiewe maniere. Maar wees gewaarsku: sommige mag sleg vir jou gesondheid wees!!
Bespaar brandstof. Ry met jou fiets werk toe. As jy ver van jou huis werk…. ry.. vroeg?
“Save water, bath with the neighbour’s daughter.” Dit klink egter vreeslik immoreel. Dit hoef nie spesifiek sy te wees nie. Jy kan enigiemand skonerigs kies.
Moenie meer geld op musiek mors nie. Luister ou plate (foto) wat reeds jare in die kas stof opgaar. Soos “Otterjasie en Doepels” (1976), of “Platepraatjies”(1981). Vir ‘n regte lewe toer, kyk hier na die you-tube video: http://www.youtube.com/watch?v=pFPHMuXdpsg
Laat jou huis se krag afsny, en spaar so. Lewe soos die Vootrekkers gelewe het, by kerslig, maar hou jou skoene aan. Voordeel: skelms sal in die nag na jou erf kyk, niks sien nie en dink dis maar net nog ‘n natuurreservaat. Huil daarom gereeld soos ‘n jakkals by die venster uit of lag soos hiena. As jy nie weet hoe nie, leer by Jacob Zuma op die nuus.
(Vir sterk mae…) Laat die stukkies kos wat jy tydens jou vlosroetine teen die spieël vasskiet... kom ons laat dit daar...
Moet niks koop nie en moet ook niks eet of drink nie.
Gaan eet uit, maar loop nadat hul die gratis broodjie bedien, en jy dit verorber het. Herhaal by volgende, en volgende restaurant tot jou honger weg is.
Leer jou kinders die nare gewoonte van skoene en klere dra af. Bedek net die nodige met stukkies lap van ou gordyne. Soos Maria in “The Sound of Music” gedoen het. Plak koerante voor die vensters waar die gordyne was. Kry ou koerante by die bure of steel hulle s’n vroeg elke oggend van die voorstoep af totdat jy genoeg het vir al die vensters. Handsakke kan ook van ou gordynmateriaal gemaak word. En beddegoed. Mens kan jou selfs met ou gordyne afdroog. Of skottelgoed was. As jy net blinders het, het ‘n probleem. Dit voel skielik baie moeilik om enigsins spaarsamig te lewe…. Dus,
MOENIE SPAAR NIE! Blaas al jou geld, want wie weet wat môre bring? Dalk die dood!! Maar meer waarskynlik… die armoede….
UIT OP DVD
Grizzly Man - hierdie was op 'n stdium die top fliek op die "Skaal vir fliekvlooie" in BEELD. Dis 'n dokumentêre prent oor Timothy Treadwell, 'n man wat 13 jaar lank Alaska toe gegaan het en die somer saam met die grizzly bere spandeer het. Sy probleem is dat hy naderhand begin dink het hy is 'n beer. Hy het te goed bevriend geraak met hulle en het te naby aan hulle gekom. In sy 13de somer is hy en sy meisie verskeur en opgevreet deur 'n beer. Alhoewel die fliek geen grusame tonele of iets bevat nie, darem, vertel dit die hartseer verhaal van iemand met 'n passie. En sy passie het sy einde beteken. Beeldskone tonele van AlaskaTimothy se laaste ure in die widernis saam met die bere was en die plant-en dierlewe, en hoe . (8 uit 10)
VARS NUUS
Ou Steve Hofmeyr wou hierdie week Amerika toe vlieg om vir al die uitgewekenes te gaan sing maar soos ons die Amerikaners ken wil hulle nou nie vir hom ‘n gewone visum gee nie omdat hy geld daar gaan maak (alhoewel die inkomste omtrent net sy uitgawes gaan dek, beweer hy). So, as julle vasklou aan die idee van Steve wat vir julle kom sing, dis uit- en moontlik afgestel.
Vrydag het baie blanke onderwysers vir die eerste keer ooit in hulle lewens gestaak! Wat doen ‘n blanke onderwyser by die huis as hulle die dag staak? Hulle stel vraestelle op en merk boeke, wat anders? Of nie?
Maak jou reg vir die vierde reeks “Idols” op M-Net. Al die ou aaklige beoordelaars is daar. Mara ook. Soos gewoonlik kan jou regmaak vir nog ‘n kompetisie op TV (soos die jongste “Strictly Come Dancing” ook is) wat waarskynlik weer erg rassisties sal wees. Soos die vorige drie reeks. Hier is my brief aan BEELD daaroor :
'Idols' ontaard in 'n fiasko en 'n klug
Stefan van Niekerk, Alberton – 9 Sept. 2003
Die 'Idols'-kompetisie op M-Net het in 'n fiasko ontaard.
Wat veronderstel was om 'n talentkompetisie te wees waar die gewildste deelnemer wen, het verander in 'n wedstryd met só 'n sterk politieke geur dat 'n mens wonder of die regering nie ingemeng het om te verseker die kleurkaarte word reg gespeel nie . . .Daar was die storm rondom Franciska Blasich wat onder 'n wolk uit die kompetisie uit is met vrae oor haar velkleur.
En die skielike verandering van reëls waarvolgens die kompetisie se beoordeleaars ook skielik seggenskap het nadat die meeste finaliste wat deur die publiek ingestem is, dalk te wit na hul smaak was.
En die laaste strooi: Petro wat nie 'n Afrikaanse liedjie vir die uitdunne kon sing nie omdat die kompetisie kwansuis Engels is, waarna 'n ander deelnemer dieselfde aand in Zoeloe losgetrek het?! Dubbele standaarde, politieke inmenging - wat 'n klug. Dis tog jammer.
En die skielike verandering van reëls waarvolgens die kompetisie se beoordeleaars ook skielik seggenskap het nadat die meeste finaliste wat deur die publiek ingestem is, dalk te wit na hul smaak was.
En die laaste strooi: Petro wat nie 'n Afrikaanse liedjie vir die uitdunne kon sing nie omdat die kompetisie kwansuis Engels is, waarna 'n ander deelnemer dieselfde aand in Zoeloe losgetrek het?! Dubbele standaarde, politieke inmenging - wat 'n klug. Dis tog jammer.
Suigeling
Kopiereg 2007 S van Niekerk
0 comments:
Post a Comment