Springbokpastei is nie meer op die menu nie
Jy kan nie deesdae meer springbokpastei by die restaurante bestel nie. Dis soos om jou broer te wil eet. Die Wêreldbekerrugby het snaakse goed aan ons samelewing gedoen. Van die swart man wat Saterdagogend in Alberton taxi toe stap met sy Springbokhoedjie op, tot die toetende karre waarvan die insittendes vir mekaar waai en sommer vir die werkers wat aan die pad werk, wat omtrent harder terugwaai as die insittendes. Hier is 'n paar snaakse Wêreldbekergoedjies:
- Wat noem mens 'n Engelsman wat die Wêreldbeker vashou? Die graveerder!
- Uit BEELD: Psalm 151:16: " Op daardie dag sal jou vyand soos rose verdor en deur wildsbokke vertrap word. Dan sal jy uit 'n goue beker drink en jou verlustig in hulle smart". Dit terwyl Psalms net 150 hoofstukke het en mens wonder wat met die ou gaan gebeur wat durf 'n hoofstukkie vir die Bybel bygeskryf het...
- Vir die eerste keer in ons geskiedenis het die radio gerapporteer dat rugby-oproeriges in Sunnyside uiteengejaag moes word...
- Vanaf 702: Jake White was in 1981, 17 jaar oud in Jeppe Boys High en het in 'n opstel geskryf dat hy graag eendag vir die Springbokke wil speel of hulle selfs dalk nog afrig.
- Saterdagoggend was 'n snaakse gesig om 'n wit man en swart vrou saam met mekaar in 'n bakkie in Kempton Park te sien ry. Nie snaaks opsig self nie, maar die feit dat albei Springboktruie aangehad het, was snaaks.
- Politieke inmenging -rugby is 'n gerieflike teiken vir politieke inmenging.
- Goeie spelers soos Os du Randt is nou oor die muur en 'n handvol Bokke gaan nou oorsee speel, insluitend John Smit en Victor Matfield.
- Jake White sal sy tassies pak en waai want hy het nie ondersteuning van die bestuur van rugby nie en kan nou enige land onder die son gaan afrig.
- Die rugby "powers that be" sal nou 'n afrigter kies wat meer gekleurde spelers in die span sal insluit, ter wille van kleur in plaas van dat prestasie en talent eerste plek moet hê.
Los grappies
'n Man kom by die apteek en vra vir die apteekassistent vir 'n pakkie kondome. "Sorry", sê sy, "I'm from Britain - what is it you want, I can't understand you". Die man skraap weer al sy moed bymekaar en sê in sy beste Ingels: "I am looking for a can doom". "Oh!", sê sy, "is that for flying or crawling insects?" "Ag," antwoord hy, "it's fine, for any sex, please. Thank you".
Straatname verander deesadae so gereeld, hier is 'n idee om die konstant verandering die hoof te bied: MOENIE MEER STRAATNAAMBORDE MAAK NIE, skryf net die nuwe name op swartborde langs die pad en vee dit bloot uit met 'n borsel as jy dit wil verander....
Tot volgende keer,
Groete
Suigeling
Kopiereg S van Niekerk 2007
0 comments:
Post a Comment