2008 se TOP TIEN TREFFERS! (sover...)
1. Bring vir die Harlekyn nog wyn - Sonja Herholdt
Vir: Hillary en Obama
- met die Amerikaanse sirkus wat hierdie week op 'n grasperk naby jou
huis opgeslaan word as jy daar bly, het hierdie nogal die kenwysie van die
jaar geword.
2. 'n Lekker Verlangliedjie - Laurika Rauch
Vir: ExPattyOzzy.
- met die krag wat trip en Zuma wat op elke moontlike verhoog
sit en lag, vlieg die vliegtuie nou eenrigting Perth toe.
Hierdie liedjie is sodat almal nie hulle wortels vergeet nie,
en onthou waar Dawid die wortel begrawe het, as jy hom
eendag wil kom uitgrou. Of gouer.
3. Pampoen - Steve Hofmeyr
- 'n selfportret
4. Voorwaarts Mars - Kurt Darren
Vir: Thabo
- maak net die deur agter jou toe as jy uit is.
5. He aint heavy, he's my brother - The Monkeys
- Nasionale lied van die Afrika-Unie se kongres in
Tanzanië, met solis: Robert Mugabe.
6. Crash! Boom! Bang! - Roxette
- 'n Keniaanse lullaby.
7. Ry, ou Perd! - Dozi
Vir: Jackie Selebi
- Met liefde van almal by die SAPD.
8. Three Blind Mice - Four Jacks and a Jill
Vir: Die Blinde Eskom Muskietiers -
Alec, Phumzile en Thabo (Brakanjan)
9. Hoe sê mens dankie? - Jurie Els
Vir: Jurie en Hestrie en Chrizette
- Hulle is nou weg. Hoe sê mens dankie?
10. Die Stem
- want dit klink altyd mooi op 'n CD as die laaste snit. Nie?
Miskien moet ons die Soweto String Quartet vra om dit
te speel? "Die Stem" met 'n lekker BEE-sting?
Kopiereg S van Niekerk 2008
Kopiereg S van Niekerk 2008

0 comments:
Post a Comment