Monday, February 25, 2008

Net soos Jan van Riebeeck sy vaderland verlaat, Suid-Afrika toe gevaar het, en uiteindelik in Indonesië oorlede is, doen baie mense dit ook deesdae. Vaar uit die Vaderland. Soos jou bure. Of jou grootste vyand (hopelik)... Of jy?

Na aanleiding van laas week se bydrae oor Sinah en haar videos op YouTube, het ek gedink... die lewe gaan seker oor meer as Sinah?

As jy die land verlaat,
Wat/wie sal jy die meeste mis?

Tien goed wat ek die meeste sal mis...

  • die tien swart vroue wat jou kar by die car wash" in Comaro-weg vir R35 silwerskoon was, binne en buite(langs/lands)...

Tien daaglikse dinge wat ek die meeste sal mis...
  • die HUISHULP wat die vensters was.
  • die HUISHULP wat die matte stofsuig.
  • die HUISHULP wat die wasgoed was.
  • die HUISHULP wat die vloere was.
  • die HUISHULP wat die bad was.
  • die HUISHULP wat die skottelgoed was.
  • die HUISHULP wat die klere stryk.
  • die HUISHULP wat die skottelgoed wat sy gewas het, wegpak.
  • die HUISHULP wat die die klere wat sy gestryk het, wegpak.
  • die HUISHULP wat more weer terugkom as alles weer vuil is.

Tien dinge wat ek uit my kinderdae sal mis...
  • die HUISHULP wat my en my broer opgepas het toe my ma gaan tennis speel het.
  • die HUISHULP wat ons opgepas het toe ons alleen by die huis moes bly.
  • die HUISHULP wat vir ons tee gemaak het as ons dors was.
  • die HUISHULP wat vir ons pap gemaak het as ons honger was.
  • die HUISHULP wat...
OK. Lyk my daar is toe nie veel anders as Sinah om te mis as ek eendag verkas nie. (As ek 95 is en iemand my met 'n ketting om die nek dwing om op die skip te klim nie.) Intussen geniet ek Sinah. En braai agter die hoë heining. Nie veel het eintlik verander nie. Behalwe as, jy nou val... skree jy nie meer EINA nie. Dis EISH!!!

1 comments:

Smartphone said...

Hello. This post is likeable, and your blog is very interesting, congratulations :-). I will add in my blogroll =). If possible gives a last there on my blog, it is about the Smartphone, I hope you enjoy. The address is http://smartphone-brasil.blogspot.com. A hug.