Sunday, February 25, 2007

Maak Ry Pret!


Elf goed om te doen wyl jy in die verkeer vassit










1. Jodel.

2. Dames: Hekel kousies vir die kinders/kleinkinders wat eendag gaan kom/nooit gaan kom nie. Tollietjiebrei is vir almal. Gebruik verskillende kleure wol vir maksimum opwinding.

3. Gepraat van opWINDing: meng Eno en versuiker om enige verkeersknoop te ontknoop. Moenie jelliepoeier so in die ry eet nie. Mens verduidelik moeilik die rooi vinger by die werk.

4. Leer Zoeloe. Met nuwe wetgewing ter tafel sal almal voortaan gedwing word om ten minste drie mense saam te laat ry, selfs al ry jy net gou kafee toe. Helfte gaan ook uit minderbevoorregtes moet bestaan. Leer Zoeloe. By hulle.

5. Eet ooglopend disse wat mede-motoriste se aandag sal trek. Afval werk goed. Veral die oë. Of eet lekkergoedmuise, wat soos die ware Jacob, lyk soos hulle dit in “V” op TV gedoen het. Gooi kop agtertoe en laat sak muis in mondskag af vir maksimum reaksie. Troetel-kakkerlakkies is ook ‘n wenner. Kraakvars.

6. Maak of jy skielik moet rem en druk jou gesig dan in ‘n bakkie tamatiesous. Kyk op en regs en probeer dan om harder te skree as die vrou in die kar langs jou.

7. Vind uit hoe ‘n stokvel werklik werk. Jy het tyd. En passasiers wat WEET!

8. Dames: verf jou toonnaels. Mans: Skeer. Met skeerroom.

9. Verf die woord “Ambulans” op die kant van jou motor. Jy sal nooit laat wees vir werk nie. Lyk egter net altyd swanger. Vir indien jy afgetrek word. Mans: dink iets anders uit. Pass uit.

10. Vir as dit net lyk of die verkeer begin stilstaan, wees altyd daarvan seker dat jy drafklere aanhet, en begin rondom jou motor draf. Probeer selfs hoogspring oor die dak of hardloop in ‘n “jay walking” vlegsel. Dra “sweat bands”. Dis “cool”. Regtig. Nee, regtig.

11. Draai jou venster af en staar stip in die lug op. Kort voor lank sal almal saam met jou staar na lug. Dis goeie nekoefening en gee vir ander verveelde motoriste ook iets om te doen terwyl die verkeer doodstilstaan.

Kopiereg 2007 S. van Niekerk

Sunday, February 18, 2007

Geraamtes in die KosKas


Geliefde Handelsmerke...

Onthou jy die tranedal as kind toe jou gunsteling pap skielik net van die rakke af verdwyn het? Soos Shreddies (foto). "Venstertjiepap", het ons dit altyd genoem.

My pa se gunsteling tandepasta en deodorante, en pap, het altyd verdwyn sodra hy daarvan begin hou het: "Fluoro-Guard", "Right Guard", Quaker Crunch, om maar net 'n paar te noem.

Het jy 'n paar gunstelinge wat jy mis? Of kan jy nie eniges onthou nie? KOM EK HERINNER JOU!

Maar eers:
onthou jy hierdie TV-flits liedjie?....

“Mello Yello laat jou voel so goed, so goed, van jou kop tot by jou toon. Mello Yello laat jou voel so goed, so goed. Sluk dit weg sommer nou!”

'n Lys van Geliefde Gunstelinge wat helaas gesneuwel het:


Mello Yello (koeldrank)

Fresca (koeldrank - "Nothing tastes like...")

Groovy (koeldrank)

Jumpin Jack (koeldrank - geure soos 'kougom')

Fanta Appel/Peach/Tropical Punch (koeldrank)

Cherry Coke (koeldrank)

Dr. Pepper (koeldrank)

Capri-Sonne (koeldrank)

Quindrink (koeldrank)

Dixie Cola (koeldrank)

Hubbly Bubbly (koeldrank)

Smokin' Joe (koeldrank - gemmerbier)

Milky Bar Buttons (sjoklade lekkers)

Pep Talk (sjokolade stafies)

Coconut Wheels (sjokolade) UITGESTERF? OPGEMERK IN PARYS, RSA

Cadbrio (sjokoladestafie met rosyntjies en nougat)

Sevens (Cadbury Sjokolade-stafie)

Perci-Nana/ Strawberry Patch (sjokolade stafies)

Wit Crunchie/ Lunch Bars

Wagon Wheels (ronde koekies met malvalekker in)

Cheesy (geproseerde kaas in 'n plastiek buisvormige omhulsel, met 'n muis wat adverteer)

Get Fresh (kougom, met loperoge inhoud, geure soos "druif")

Banana Boy (roomys op 'n stokkie)

Kougom: Bubbeloo, Replay, Double Bubble

Quaker-reeks (ontbytpap bv. Quaker Crunch)

Nestle Junior (ontbytpap)

Toppers (soja-maalvleisproduk) - HONDSLEG!

Chicken Kips (sout koekies, familie van Bacon Kips)

Goonies (chips)

UFO's (chips)

Kreols (stink chips)

Nibblesticks (stokkie chips)

Chips: O'Gradys/ Ruffles/ Flanaghans Kettle Fried Chips

Graffiti (popcorn)

Wintergreen (lekkers, geur amper soos Deep Heat)

Toff-o-Lux (lekkers)

Life Savers (lekkers)

Kojak Lollipops

Fruitty Tokens (gekleurde lekkers)

Kondensmelk in Liqui-fruit-agtige kartonboksies

Dankie vir almal wat bygedra het tot hierdie lys!

Het ons iets gemis? E-pos nog produktename aan stefan610@telkomsa.net

Kopiereg S van Niekerk 2007

Monday, February 12, 2007

Vloerpolitoer... omdat jy my roer....


Foto: Boggemsbaai (Suid-Kaap). Die perfekte romantiese wegbreekkansie. 'n Lang stap op die strand, hand-aan-hand, hand-om-die-blaas.... of hoe ookal julle dit doen....

Foto: S van Niekerk - 11 Feb. 2007



Dit is môre Valentynsdag en vrouens hou van blomme. Dit weet ons…. Hier is ‘n paar goed wat sy NIE vir Valentynsdag wil hê nie (volgens die wat weet….)
- 'n Badkamerskaal wat hardop sê hoeveel mens weeg.
- 'n Kookboek: "Kook beter!"

- ‘n Valentynskaartjie met “Yvonne” en “2006” doodgekrap, en “Liewe Ronel – 2007”, bo-
oor geskryf.

- Enige geskenk met ‘n “VALUE PACK”-plakker op

- Papier/Long Life/Plastiek blomme

- ‘n Olieverf-skildery van haar skoonma

- ‘n Pruik

- Hoofpynpille (Aspro-Clear)

- ‘n Tent

- Enige elektriese huishoudelike masjien soos stofsuier ketel of strykyster.

- Brandblusser

- Karpolitoer

- Fietspomp

- Onderrok

- Gimnasium-lidmaatskap
- Breinaalde met wol

- Vloerpolitoer

- Eetbare “Panties” of plakkies

- ‘n Krokodilleerbelt
Dankie aan Bronwen vir al die wyse raad!
en wat het HY geen behoefte aan nie?
- 'n getekende foto van NORA NAUDE van EGOLI... Dankie....

Volgende keer: daardie "chips"/kougom/koeldrank wat jy as kind so mal oor was en nou nie meer te koop kry nie. Ons gaan grawe 'n paar geraamtes uit die (kruideniers)kas op....


Groete,

Suigeling

Kommentaar/voorstelle: stefan610@telkomsa.net


Kopiereg S. van Niekerk 2007

Saturday, February 3, 2007

Vir 'n appel en 'n lamoen...


Foto: In die skadu van (die) ou "No Trading Sign". Geen verdere kommentaar blyk in hierdie geval nodig te wees nie.

Foto: Stefan van Niekerk

Mr. WAITER TERMINATOR: Nice to “meat” you… I'll be BACK

Oral spring deesdae die wonderlikste eetplekke in Gauteng op. Met name soos Adego, Piatto en nog ‘n paar wat ook dien as name vir menige Toskaanse-styl woongebiedontwikkelings aan die Wes-Rand.

Klink puik. Maar helaas. Die onopgeleide kelners by hierdie plekke, gee vir jou ‘n poedinglepel om jou koffie mee te roer, dieselfde lepel om jou wafel mee te eet, of verstaan slegs as jy in ‘n Franse aksent vir “Coke” vra want hulle kom van die Ivoorkus of die Kongo.

(Voordeel: Nou kan jy Frans praat in byna enige eetplek in Suid-Afrika!!)

En nou… MANIERE OM SWAK DIENS TE OORLEEF!!

1. As jy besluit om van die kelner se dienste gebruik te maak, SKREE altyd al jou antwoorde i.p.v. saggies praat, wat vir hulle ‘n teken van swakheid is. “WHAT FRUIT JUICES DO YOU HAVE?!!! NOW!!!! En slaan met jou vuis op die tafel.”

2. Spring op en gaan skree self jou bestelling by die kombuis, ten minste is dit jou eie skuld as jy die verkeerde kos kry. Vermy oogkontak met enige kelner, behalwe om af en toe in hulle rigting te gluur.

3. Leer om enige dis met ‘n lepel te kan eet, selfs steak. Alhoewel mens genoeg tyd vir ete opsy moet sit, kan dit jou daarvan weerhou om kwaad te word oor aandete, wat eintlik familietyd is. Nog beter: eet alle disse deur slegs jou vingerpunte te gebruik. Maak sulke vingerpuntbakkies waarmee jy pap, ag ek bedoel “pasta”, kan opskrap.

4. Jy hoef nooit weer na jou kelner te soek as jy tamatiesous of die rekening benodig nie. Neem altyd jou eie klokkie saam as jy gaan uiteet. Lui wanneer kelner verlang word. ‘n Teenvoeter vir die bekende “Kelner Verdwyningsaksie” – die kelner is altyd daar en val jou belangrikste gesprekke in die rede om te hoor “how is food?”. Tot jy hom soek vir enigiets…

5. Stel jouself voor as "Monsieur Tueur de Serveur" (Frans vir Mnr Kelner-aanvatter)

6. Skok die kelner voor ete deur die Franse vlag langs die tafel te verbrand en daarna te vra: “Can we order now, monsieur?”

7. Ou trick: bring ‘n paar troetelkakkerlakkies uit jou kriewelrige huis saam restaurant toe. Laat veertien vry bo-op die laaste happie Crème Brulee. Gil. Spring op. Weier om te betaal. Dit het niks met swak diens te doen nie, maar is ‘n doeltreffende kostebesparingsmaatreël. Wenk: moenie meer as een keer by die dieselfde eetplek probeer nie.

8. Koop kos op ‘n plek waar jy weet jy goeie diens gaan kry, soos by (slegs) twee McDondald’s-takke in die hele land (die res se glimlagte is net aangeplak en spoeg in elk geval agter die “deep frier” op die burgers – verwys: Carte Blanche, episode #317, 24/06/1998). Neem die burgers na jou naaste restaurant, pak dit op die tafel uit en kyk net die kelners vuil uit as hulle jou iets vra. Geniet jou ete dan verder en lag gedurig hard.

9. Eet ‘n blikkie tuna by die huis. Maak net eers oop.

10. Gaan werk bietjie as ‘n kelner by die Wimpy, en as jy dit enigsins beter kan doen (jy sal lag-lag kan): DAN het jy rede om te kla.

GRAPPIE VIR DIE WEEK:

Mike Schutte was nog 'n seuntjie toe hy eendag op sy oom se plaas gaan kuier het. Hy loop nog so eendag in die veld, toe hy op 'n moeder van 'n sinkgat afkom. Hoe diep is hierdie gat?, wonder hy. Hy tel 'n klein klippie van die grond af op, gooi dit in die gat en probeer hoor waar dit val. Niks.... Hy rol 'n groot rots nader, stoot dit met moeite oor die rand van die gat en probeer hoor wanneer dit iets tref.... niks. Hy sien eenkant in die veld lê 'n groot, swaar, soliede ou treinspoor "sleeper". Dit vat hom 'n eeu om die ding na die gat aangestoot te kry. Toe dit val hoor hy nog steeds... niks. Die volgende oomblik kom 'n waansinnige skaap daar aangehardloop en spring sonder seremonie in die dieselfde groot gat.

Die volgende dag vra Mike se oom hom: "Jy het nie dalk vir Blommetjie, die skaapooitjie iewers gewaar nie?"

Mike kyk hom vraend aan. "Waar het oom haar laas gesien?"

"O", sê die oom, "dis die snaakste ding. Sy was net hier buite die werf aan 'n groot, ou, soliede treinspoor "sleeper" vasgegemaak.

Groete,

Suigeling

Kopiereg S. van Niekerk 2007