
Sunday, November 29, 2009
Wie se lewer het jy gekry?

Monday, February 25, 2008
Na aanleiding van laas week se bydrae oor Sinah en haar videos op YouTube, het ek gedink... die lewe gaan seker oor meer as Sinah?
As jy die land verlaat,
Wat/wie sal jy die meeste mis?
Tien goed wat ek die meeste sal mis...
- die tien swart vroue wat jou kar by die car wash" in Comaro-weg vir R35 silwerskoon was, binne en buite(langs/lands)...
Tien daaglikse dinge wat ek die meeste sal mis...
- die HUISHULP wat die vensters was.
- die HUISHULP wat die matte stofsuig.
- die HUISHULP wat die wasgoed was.
- die HUISHULP wat die vloere was.
- die HUISHULP wat die bad was.
- die HUISHULP wat die skottelgoed was.
- die HUISHULP wat die klere stryk.
- die HUISHULP wat die skottelgoed wat sy gewas het, wegpak.
- die HUISHULP wat die die klere wat sy gestryk het, wegpak.
- die HUISHULP wat more weer terugkom as alles weer vuil is.
Tien dinge wat ek uit my kinderdae sal mis...
- die HUISHULP wat my en my broer opgepas het toe my ma gaan tennis speel het.
- die HUISHULP wat ons opgepas het toe ons alleen by die huis moes bly.
- die HUISHULP wat vir ons tee gemaak het as ons dors was.
- die HUISHULP wat vir ons pap gemaak het as ons honger was.
- die HUISHULP wat...
Sunday, February 17, 2008
Buck Rogers - die verlore jare

TOTSIENS, BUCK!
Gill Gerard het in die 1970's die rol van "Buck Rogers" in die gelyknamige TV-reeks vertolk. Dis hoe hy nou op 65 lyk.... (www.gillgerard.com)
PRET OP DIE LUGHAWE
Verdryf verveeldheid in die aankomssaal wanneer jy vir jou broer wag wat van Londen af by die lughawe arriveer!
1. Skryf CELINE DION op 'n groot karton plakaat en hou dit in die lug. Reaksie sal volg.
2. Hardloop die eerste aankomeling tegemoet, val hom/haar om die nek, vra hoe die vlug was en stap saam tot by die uitgang.
3. Trek soos 'n Arabier aan, plak 'n vals baard op jou ken, sit 'n ou wekker in 'n kartondoos en gaan staan tussen 'n groot groep mense.
4. Hou jou mede-wagtendes dop. Kies 'n naam wat iemand op 'n plakaatjie geskryf het en in die lug ophou. Skryf dieselfde naam op jou plakaat en kyk wie kry eerste die gas.
5. Kyk op die aankomsbord, kies 'n vlug wat al geland het en kondig luidkeels in die saal aan dat die vlug tot moreoggend vertraag is en dat almal maar kan huis toe gaan.
6. Met die eerste manlike passasier wat uit uitgestap kom, skree jy en 'n paar vriende kliphard ERIC!!!!!, so hard en onophoudelik dat hy later dink dat hy dalk Eric is????
7. Hardloop 'n onbekende passasier tegemoet en vra of hy/sy 'n foto van jou en jou verloofde sal neem.
NUUSBROKKIES:
Nuusopskrifte met 'n stertjie
- BUSH ARRIVES IN AFRICA-
(news24.co.za, 16/02/2008)
Die BUSH is eintlik al lankal in Afrika. Om die BUSH in Afrika IN te kry is baie makliker as om die BUSH weer UIT te kry!
-TRUCK MAKES U-TURN ON HIGHWAY-
(news24.co.za, 16/02/2008)
Dis wat gebeur as ons uit nuus raak. Wat volgende?
** ONWAARSKYNLIKE OPSKRIFTE**
- Red car jumps red robot
-Taxi in Jhb overtakes ilegally
-Zuma forgets wife's birthday
- Mbeki admits he was wrong all along
- Scorpions to be enlarged
- Eskom: We supply the whole of Africa with power
- Riaan Cruywagen tree uit
- Sunette Bridges gelukkig getroud
- Robbie Klay: ek het gejok
- Steve se Natasha: nou het ek genoeg gehad
- Robbie Wessels se gospel CD nou op die rakke
-Australiese dokter kom vestig in Suid-Afrika
- SA emigante: ons mis nie SA son nie. Ook nie die sonsopkoms oor die Sederberge nie. Ook nie braai met Chaka nie. -5grade buite is erg lekker!!
Tot volgende keer - groete,
Die Suigeling
Kopiereg S van Niekerk 2008
Sunday, February 3, 2008

Kopiereg S van Niekerk 2008
Monday, November 19, 2007
Paalspringers ontmoet die oorboordgegooides
Wie onthou? DIE TV-HONDETANNIE, Barbara Woodhouse, in 1980... "Walkies!"FOTO: news.bbc.co.uk/1/
ELKEEN HET SY EIE STORIE
Hier volg dan voorgestelde boektitels vir Jurie en Hestrie, Deon (wat nou baie tyd op hande het) en Niekie, vir bedags voor 12 en na 3.
JURIE EN/OF HESTRIE (Titel vir hom of haar):
Hoe sê mens dankie (vir die Kiwi’s)? (Kies 'n skrywer)
Onder die “make-up”. (Kies ‘n skrywer)
“I’m a single girl”. Die rowwe jare van …. (kies ‘n skrywer)
Lief, leer my noot hou... (Kies ‘n skrywer).
Whistle me a love song, rather... (Kies ‘n skrywer).
DEON:
Tuinmaak in jou vrye tyd.
101 dinge om oor naweke (of in die week) te doen.
Na die duiwel met hulle!
VOLUME 1: My lewe na IDOLS
VOLUME 2: My lewe na BEELD.
VOLUME 3: My lewe na RAPPORT.
VOLUME 4: Tuinmaak in jou vrye tyd – NOU MET VARS KOMPOSMENGSELS!
NIEKIE:
How to lose friends and influence no-one: A Life Story.
Die dag toe die mikrofoon stil geword, en almal my naam vergeet het.
Hoe om jou medemens te beledig: 'n Kennershandleiding
Te groot vir my skoene: Moeilike grootwordjare in Randfontein.
Die dag toe my ego nie meer deur die deur kon pas nie: My Dag in die Bed.
OK, ek is nie 'n "fan" van Niekie nie. Hy is veels te kortaf met mense, hy kan gerus by 702-aanbieders 'n paar lesse gaan leer hoe om mooi met inbellers te praat.
NUUSBROKKIES
Hierdie week in die nuus:
In Zimbabwe is volgende jaar se Maart-verkiesingsuitslae hierdie naweek uit die Zanu-PF kantore gesteel.
In Suid-Afrika is die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty besig met hul “Rooi Oktober” veldtog. In November. Ons noem dit: Afrikatyd.
In Randburg is motoriste verlede week in hegtenis geneem waar hulle oor soliede lyne gery, en u-draaie op onwettige plekke gemaak het. Ons hoop dat gevaarlike misdadigers voortaan ook onwettige u-draaie maak, sodat hulle ook vasgetrek kan word.
Op ‘n ernstiger noot – GEMENGDE REAKSIE: Deon Maas is by Rapport weggejaag omdat groot groepe mense gedreig het om die koerant te boikot. Selfs van Rapport se verkoopsagente het gedreig om nie die koerant meer in hulle winkels en by hulle afsetpunte te verkoop nie. Die hele veldtog is gevoer deur sms’e en e-posse wat verkondig het dat weens Maas se uitlatings oor Satanisme (dat dit net sowel as godsdiens aanvaar kan word), die koerant geboikot moet word. ‘n Woordvoerder van die NG Kerk het gesê dat dit die verkeerde manier was om die saak aan te pak, ek self het in ‘n epos genoem dat Maas nie werd is asem te haal nie en is daaroor oor die kole gehaal, maar die “bottom line” is: hy het die Christelike geloof en dinge wat vir ons as Christene belangrik is soos die kerk, aangevat en dinge wat vir ons taboe is, soos Satanisme, goedgekeur, en dit is vir my genoeg rede om hom uit die kamer te jaag, nie net mooi te vra om te loop nie.
Tot volgende keer,
Die Suigeling
Kopiereg 2007 Stefan van Niekerk
* Sommige dele van dié rubriek is fiksie. Probeer gerus vir jouself uitmaak watter dele dit is. Nuusbronne: die druiweprieël.
Thursday, November 1, 2007
Moet net nie jou tande wys nie!

- Hy gaan toi-toi vir geen spesifieke rede nie, by etes.
- Hy gaan baie oorsee gaan, vir geen spesifieke rede nie.
- Hy gaan daarvan hou om saam met die koningin en Hillary Clinton, wie dan Amerika se president gaan wees, afgeneem word, vir geen spesifieke rede nie.
- Hy gaan van Johannesburg af Kaap toe vlieg in 'n privaatstraler, vir geen spesifieke rede nie.
- Hy gaan op die snelweë in 'n swart motor teen onmoontlike snelhede jaag, vir geen spesifieke rede nie.
- Hy gaan khaki dra as hy met die Afrikaners vergader, groen en goud as hy met die Rugby-unie vergader, en 'n Madiba-hemp vir die res, vir geen spesifieke rede nie.
- Niemand gaan van hom nie maar almal gaan vir hom stem.
Ons bly in 'n unieke land! Nie?
My Warreljaagtog: 14 dae, 27 plekke:18 tot 31 Okt.
Balfour is net anderkant Heidelberg en dit was in 1986 net ver genoeg om uit die helder gloei van die goudstad te kon kom om Halley se komeet in lewende lywe te kon sien;
Standerton is gereeld onder water wanneer die Vaalrivier sy walle oorstroom en was die setel van genl. Jan Smuts eendag lank lank gelede;
Morgenzon is so klein, as jy hard nies kan jy hom dalk mis;
Ermelo is een van die koudste plekke in die land en spog nog met Afrikaanse straatname maar 'n dubbelmedium skool;
Breyten is Naas Botha se geboortedorp - tog 'n jammerte;
Carolina lyk deesdae soos Klein Indië;
Hendrina is vernoem na Carolina se lelike suster;
Bethal was so in vloed hierdie slag, daar moes strate toegemaak word;
Secunda het lug waar jy presies kan sien wat jy inasem en horisonne wat jou laat gryp na sterk drank;
Kriel is 'n pragtige dorpie geleë aan die voet van die Berg Genadelose Kragsentrale; Witbank se naam het niks te doen met hoe dit daar lyk nie;
Vanderbijlpark het die lieflikste..... (ek dink nog aan iets);
Vereeniging het 'n plek waar mens afvalvleis kan koop;
Meyerton is 'n spoggerige, netjiese, agtermekaar dorpie met 'n DA-beheerder munisipaliteit;
Ventersdorp het 'n paar garages, weet nie by watter een oom Eugene sy slagoffer byge(kom)dam het nie;
Coligny is waar Hestrie Cloete vandaan kom, sy sou selfs met Jurie Els trou om van die plek te ontsnap;
Lichtenburg se KFC maak lekker "twisters";
Parys het meer oues van dae per vierkante sentimeter as termiete in meeste miershope;
Sasolburg het sy ontstaan te danke aan SASOL en sy longkwale ook;
George is geleë langs die lieflikste berg en mens kan die see ruik;
Haroldsbaai se strand lê vol gholfballe, so mens hoef nie eens te wonder naby watter strand Ernie Els 'n huis het nie, haha;
Mosselbaai het 'n blou kafee in die hawe waar mens die lekkerste vis kan eet, al maak hulle alles met deeg om in diep olie gaar;
Vleesbaai is 'n geheim, moet asseblief niemand daarvan vertel nie;
Albertinia het 'n hotel met die lieflikste Sondagmiddagetes;
Stilbaai se naam is afkomstig van die vet-weet-van-waar-af, want die wind waai reg deur jou terwyl jy alleen in die hele oseaan swem;
Kroonstad is waar Robbie Wessels vandaan kom, wat ongelukkig genoeg rede is om 'n wye draai daar rondom te ry, netnou loop jy hom in die apteek raak, en dan doen hy die leeuloop wat jou sal laat weghardloop;
Welkom is die dorp van die oneindigende verkeersirkels....
As jy meer inligting oor enige dorp nodig het, kontak Willie by (012) 348-2728. Hy het nie 'n ons inligting oor enige van die dorpe nie maar geniet dit as mense hom bel...
HOE WERK 'n VERKEERSIRKEL?
Alle grappies op 'n stokkie...
Nader die sirkel en stop. Die voertuie wat van jou regterkant af kom het voorrang. Wat beteken dat as daar 'n begrafnisstoet van regs af kom, beter jy vetgee of 'n boek saamneem om te lees.
Voorrang is altyd van regs. 'n Verkeersirkel is nie 'n toegee-teken nie.
Bron: Daantjie Kat.
Tot volgende keer,
Groetnis,
Suigeling
Kopiereg 2007 S van Niekerk
VRYWARING: Die SUIGELING is POLITIES heeltemal AFHANKLIK en verklaar ONBESKAAMD: I LOVE HELEN ZILLE!