PETER UIT DIE BERGE
Na hierdie week gaan hierdie blog vir een week nie verskyn nie. Ek vertrek weer na die berge om vars nonsens te gaan uitdink! Ons gesels dus aan die begin van April weer.
Maar eers:
ONWAARSKYNLIKE OPSKRIFTE in vandag se koerante:
VAN BLERK: "Die Engelse speel maar beter" - Sanger, van Blerk, het ontken dat om die Union Jack en "God Save the Queen" uit volle bors te sing hooggeverraad is. 'n Bron het die feit dat hy vir die Engelse krieketspan tydens die Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande skree, laat uitlek. Iets wat Genl. De la Rey in sy graf sal laat verstik.
THABO DANK MANTO AF - "Netnou gaan 'n long of 'n nier. Ek het net besef ek kan nie met kroks werk nie. Sy moet uit", het hy gesê.
MUGABE ERKEN: "Ek is 'n poe*%#, ek kan dit nie langer ontken nie." - Robert Mugabe van Zimbabwe het nuwe verkiesings aangekondig waartydens hy ook die media na die pakhuis geneem het waar stembriewe vervals word. Vier-en-tagtig mense werk voltyds by die aanleg.
PONTING LAAT EIE PAALTJIES KANTEL - "Graeme Smith is 'n beter man en krieketspeler as ek. Ek kan nie eers sy ou skoene skoonmaak nie, wat van dra. En ek is vuil want ek was nooit my gesig nie", het hy gesê.
PUMZILE-MLAMBO NGUCA ERKEN: "Ons regering is gebou op omgekeerde rassisme". - Daar is nie iets soos die reënboognasie nie. Al kleur in ons reënboog is swart.
HOFMEYR ERKEN: "Ek droom in Engels". - "Die hele boere-ding is net om geld te maak. By my huis praat ons nooit 'n woord Afrikaans nie. Nie eers met die hond nie."
AGLIOTTI ERKEN: "Kebble bly in my garage". - Brett is nooit dood nie. Almal het geval vir die opgeblaasde pop in die BMW.
Tot ons weer gesels,
Met 'n knippie sout
SUIGELING
Sunday, March 18, 2007
Wat jy nie in die koerant sal lees nie...
Sunday, March 11, 2007
Die Braaivleis Slagveld
Foto: Generaal de la Rey en Generaal de Wet: kort na die Slag van Southcrest. Let op die diep spore van veldslae op hul gesigte :-)
Hierdie week se obseniteite:
BRAAIVLEIS"AFTER SHAVES"
Vir die Afrikanerman wat ernstig oor sy braaivleis is
RUIK SOOS JOU GUNSTELING BRAAI !
Spuit net aan en stap na buite - ruik soos die begeerlikste disse, selfs nog voor iemand hout gaan koop het om die vuur te maak!!
Dit sal binnekort op die mark wees en sal enige Afrikanervrou se knieë lam maak!
In geure soos:
Sosatie
Ontbeende Rib
Rib-Eye Steak
T-Bone
Peri-Peri Chicken
Bestelvorm binnekort beskikbaar!
‘n LAASTE PAAR WOORDE
(Famous last words)
Wildtuin: Haai, kyk die haartjies op die slurp!
Saamry: Mamma, hoekom bid oupa terwyl hy bestuur?
Diepseeduik: Ek het nie geweet haai-plaak is GROEN nie!
Bestuur: “Haai Gert, kyk hoe groot is hierdie vrou se rok wat ry hier voor ons. X-stra Large. Lees die op die “label”, man!”
Vlieg: Haai, kyk hoe suig daai enjin daai voël in!
Kuier by vriende. “Pappa, daar’s ‘n groot bord op die hek met letters B E W A R E T H E K I L L E R R O T T W E I L E R S op. Wat spel dit?”
DIY Elektriese werk: Ek kan nie dink dat hierdien draad lewendig kan wees nie.
Treinspore: Man, ry! Hier kom omtrent nooit ‘n trein verby nie.
Duik: Mens kan maklik hier induik. Dis nie diep nie.
Haardroeer: Jannie, jy kan nie hare droogblaas in die bad nie. Jy gaan verkoue kry!!
Laaste woorde: “P………………”
Groete,
Suigeling
Kopiereg 2007 S van Niekerk