Saturday, May 26, 2007

Tatta Witbank!


Niemand weet nie maar Witbank se naam het stilletjies verander. Ook maar goed. Het nog nooit van WITBANK gehou nie en kan die nuwe naam baie beter uitspreek: E-MAL-A-HLENI. Beteken seker "Plek van die Groot Fout". Of so iets...


HIERDIE WEEK: Allerande snippertjies goed om aan te knaag. CD-resensies en moet-lees bullets.

ALLERANDHEDE

'n Vriendin voel sy word ouer en het nog nie die regte man ontmoet nie. Sy sê toe sy moet dalk maar haar eiers laat vries. Sy moet nog besluit hoeveel dosyn...


PASOP! Ek wou hierdie week week 'n blaasverwarmer koop, toe koop ek amper 'n UHF/VHF/FM ROTATING INDOOR ANTENNA WITH AMPLIFIER! Hulle lyk baie dieselfde!


As jy selfmoordneigings het, gaan kyk na die DERDE EPISODE van PIRATES OF THE CARIBBEAN. Hoe het hierdie reeks tot by DRIE EPISODES gevorder? Ek het laas jaar die tweede een gekyk en alhoewel die spesiale effekte goed is, is die storie erg flou. En nou is daar 'n derde floue as jy niks beters het om te doen nie.


Die Afrikaanse prent OUMA SE SLIMKIND is ook baie flou, hoor (kom ek nou met die sak patats vorendag). Soos ek geskryf het, is die musiek en fotografie voortreflik maar die storie is vol gate en die die akteurs oortuig nie. Dis klomp 24-jariges wat hul as 16-jariges voordoen (Hykie Berg is erg EVIL hierin, ek onthou hom ook so van "Om-i-Wêreld" ;-)) en een outjie is kamtig gestremd. Aikona! Wat 'n pyn. Maar doen iets vir jou taal, en gaan kyk dit. Of koop die Beeld, dis ook Afrikaans. En meer realisties..


Nuwe CD's

Anneli van Rooyen - 25 Jaar se Musiek (EMI)

Ag, ek was nog altyd 'n "fan". Maar het enigiemand 60 mooi liedjies al ooit opgeneem (behalwe Roxette?) :-) Sy het 'n paar flou wysies aan die begin self uitgedink maar toe besef - die Europese goed werk maar beter. Ek was in 'n skool waar ons "Ek glo in die lewe, gooi jou hart na bo..." op die atletiekpawiljoene uitgebasuin het. En dan is daar "Ek Lewe", die groot treffer en ander lekker luistergoed soos "Neem my op vlerke" en "Hierdie dag is myne". Anneli het haar o.a. doodgeleer aan haar woord vir die liedjie "Halleluja". Ek hou nogal van die Duitse "tunes". Ek doen ook nogal 'n goeie Anneli van Rooyen. (Ek is oop vir besprekings). Behalwe as haar stem jou laat gril, koop tog die boks van 3 CD's. Lekker in die kar. Of as jy jou hart wil gooi na bo..


Dana Winner - Als je lacht (EMI)

Dana singt al 10 jaar liedjes voor onze Zuid-Afrikaners. Sy't eers met Steve Hofmeyr 'n (sing)verhouding in 1997 gehad en intussen het 300 000 van haar CD's al van ons rakke afgevlieg (ek het so driekwart daarvan gekoop) ;-) Hierdie nuwe uitreiking is zuiwer Vlaams (geen swak vertaalde Afrikaanse nommers met 'n swaar aksent nie) en bevat 'n klomp vertalings van liedjies soos "Delta Dawn" en "God gave love to you" van Bonnie Tyler. En onbekende goed. Sy is beeldskoon, sing beeldskoon en as jy hou van CD's met wit omslagte, sal jy baie van hierdie hou. Hy's 'n witte.


Elton John - Rocket Man

Dis nou weer 'n grootste treffers samestelling dié en ek het nog nooit iets van hom gehad behalwe "Lion King" nie, so toe koop ek dit. Ag, as ek nog een keer "Sacrifice" of "Nikita" moet hoor, eet ek sommer rottegif. Dis doodgespeel op die radio en ook by troues (Sacrifice). Sy musiek is baie divers en verskillende style - so 'n CD sal nooit alles mooi goed ophê vir almal nie. Daar is 'n paar juweeltjies op maar KFC Rounders is ook lekker. Koop dit eerder.

Terloops...
daar word beweer daar was moontlik 'n paar Engelse sokkerspelers in die Rose se nederlaag-rugbyspan met gister se toets opgeneem was. Kan dit wees?

Groete,
Suigeling

Kopiereg S van Niekerk 2007

Sunday, May 20, 2007

Die DIERBAARSTES, daar ver by die huis...


Foto van Sinah Mthabathi
Wie ek die meeste mis...
Ek hoor nou die dag van 'n vrou in Australië wie se ma vir haar 'n fotoraam wou stuur. Sy vra toe haar dogter "down under", wie sy die meeste mis, wié se foto kan sy saamstuur? Haar antwoord? SINAH!!
As jy oorsee woon en jou huishulp wat jy gehad het vreeslik mis, gaan kyk na 'n video van ons Sinah by http://www.youtube.com/watch?v=PY2Iv9IFM14
om die pyn te stil.


Die onwaarskynlikste vonds op 'n Jhb straat
Iemand met 'n t-hemp van Thabo Mbeki.
Iemand met 'n geldige voertuiglisensieplakker.
Iemand met 'n "Sharks" t-hemp aan.
Iemand wat erken hulle het ooit die "Sharks" ondersteun.
Iemand wat erken hulle lees die Huisgenoot.
Iemand wat erken dat hul ooit NP gestem het.
Iemand met 'n foto van Marthinus van Schalkwyk bo hul beddens.
Iemand wat nie van Madibahou nie.
Iemand wat 'n kind in Oprah se skool het.
Iemand wat geweet het Patricia Lewis is Donderdagaand halfagt op SABC 2 in die nuwe reeks van "Strictly Come Dancing" te sien. En omgee.
Iemand wat weet daar was verlede jaar 55 meisies in graad 5 in Kwazulu-Natal wat swanger geword het.
Iemand in Australië wat nie hulle huishulpe mis nie.
Iemand wat genoeg "Masking Tape" besit om môre, Maandag, 'n Blou Bul Bek te kan toe"tape" tot etenstyd.

Sterkte aan al die "Sharks" hierdie week. Ons dink aan julle. En dra saam swart...

Kopiereg S. van Niekerk 2007

Saturday, May 12, 2007

STADIG met die verf, Jonas!


*In die verlede het munispaliteite altyd in twee tale aanwysings op padoppervlaktes geverf. Nie meer nie. Het die Afrikaanse verf opgeraak? Foto: S van Niekerk


Kyk 'n video clip hiervan! KLIK: http://www.youtube.com/watch?v=1efyCLR1-Uc

AFRIKAANSE FLIEK!!!

Jy ry depressief die straat af. Jy het vanoggend jou sleutels in die huis toegesluit. En oor die bure se kat gery. Hulle enigste kat. Die werk was chaos en jy’s op die punt om jou bedankingsbrief in iemand se neus op te vryf. Jy ry. Dis ‘n 60-sone. Voor jou ry iemand 20. Jy kan nie sien wie bestuur nie, jy sien net-net ‘n wit hoedjie uitsteek. Dit help nie om kwaad te word nie. Na ‘n baie lang ruk kry die kruiper verbygevat. Miskien iets kry om te eet? By McDonald’s staan rye en rye vet mense gereed om te bestel. Jy doen ‘n dramatiese handremdraai en probeer die gedagte van Pro-Vitas met ‘n dun smeerseltjie Marmite op, heerlik te laat klink. Voor jy die keuse kan maak om Pro-Vitas te gaan eet of van ‘n brug af te ry, sien jy ‘n advertensie: Hulle adverteer “Ouma se Slimkind” teen ‘n lamppaal, die eerste Afrikaanse rolprent sedert “Paljas”. Jy besluit om dit te gaan kyk en skielik lyk die dag baie beter.

Ek het ook “Ouma se Slimkind” gaan kyk. Jy moet ook, want:

Die die eerste Afrikaanse rolprent sedert “Paljas”!!
Lucas Maree speel daarin, en sing “Kinders van die Wind”.
Die fotografie is onverbeterlik – skerp, blou lug, wuiwende grasvelde, Vrystaate koppies, met kinders wat kleilat, en ‘n ouma wat op ‘n traporrel liedjies speel.
Connie van “Sewende Laan” speel daarin.
Die musiek is om van verlange na mense wat jy nie ken nie, te huil. Amanda Strydom (“Taal van my hart”), Lize Beekman, ens.

Negatiewe aspekte van die fliek:
Op ‘n stadium vrommel iemand ‘n stuk papier op en gooi dit op die grond.
Kareltjie vergeet om sy broek by Klaradyn terug te vat.
Klaradyn staan nie op vir Kareltjie toe hulle sy lat breek nie.
Ek is seker die oumatjie het iewers ‘n noot verkeerd gespeel.
Mens sien nooit of Kareltjie die nigger ball klaar eet nie.
Daar is te veel rook vir so ‘n klein vuurtjie.
Kry mens swart varke?
Fanjan praat beter Afrikaans as ek.
Die Afrikaanse poliesieman lyk Engels.
Kareltjie het mampoer op die vuur gegooi.

Dus, nie veel om oor naar te raak nie. Gaan kyk tog net die prent! Vir volk en vaderland (ek sal eendag my regte resensie daarvoor gee….)

(Binnekort word ‘n fliek met Robbie Wessels as die “Gautengeleng”-karakter, Poena vrygestel. Vermy, vermy, vermy. Ek het net die voorprent gesien en as jy hou van “platvloers”, gaan koop sommer nou ‘n kaartjie en moet my nooit weer “mail” nie.)

Groete,
Suigeling
Kopiereg 2007 S van Niekerk

Monday, May 7, 2007

Nuwe sjokolade!


En net toe jy dink jy het al alles gesien of geproe, val Cadbury’s uit met hulle nuwe reeks van vier sjokolade plakke (“slabs”), “LOCAL IS LEKKA”. Die een wat ek hier verslind het is “Traditional Melk Tert”. Dit is melksjokolade met ‘n kanelerige vulsel. Jy kan jou net indink. Daar is ook “Mint Fridge Tart” en “Neopolitana Ice Cream” en een ander geur (ek kon op Universiteit ook net altyd 9 van die 10 punte onthou, so –), gaan kyk gerus self in die winkel. Hierdie was by Kwikspar gekoop.

En skielik is jy platsak. Jou kar is gebreek/gesteel/ver geparkeer en jy moet ‘n taxi vang. Ons het in 1994 rond lekker in die Kaap in die minibus taxis rondgekarjakker. R 2 ‘n rit. Ek sien al hoe meer mense spring deesdae op taxi’s. Die bussies. Mense wat voorheen nie sou nie.

HOE ROEP JY NIE ‘n TAXI NIE?

Steek jou middelvinger in die lug. Dis vloek.

Dieselfde geld vir ‘n vurk maar met jou twee vingers. Dis ook vloek.

Steek jou goue horlosie in die lug. Jy kan vinniger minus ‘n arm wees as plus ‘n saamrygeleentheid.

Steek jou vuis in die lug. Jou mede-landsgenote sal net, self vuis in die lug, “Amaaaaaandla” skree en verbyjaag.

Kyk stip in die lug op. Almal gaan ook begin opkyk en dieselfde “plane” probeer “spot”.

Lig jou regterarm na die kant op en steek jou vinger uit. Mense gaan dink jy het vasgehaak in die “Staying Alive” era.

OK, ek kan regtig nie vandag aan tien verkeerde maniere dink nie. Daar is regte maniere. Tekens, met jou vingers. Wat nie vloek is nie. Maar ek ken hulle nie. Het dit nog nie onlangs nodig gehad nie. Genadiglik. Sal maar op ‘n bordjie verf “Jozi, please”, indien dit ooit nodig sal wees……

Aangename week,
Suigeling

Kopiereg S. van Niekerk 2007