Foto: Skrywer saam met mnr. Eugene Terreblanche buite sy kantoor in Ventersdorp. Let op replika van Voortrekkerwa waarteen hy leuen.- "Ek het nie van die perd afgeval nie". Die perd het beserk gegaan en die SAUK het net met slim"editing" dit laat lyk of hy afgeval het.
- "Moenie glo wat jy in koerante lees nie." Maar as jy dit nie nou al weet nie, weet jy dit nou.
- "Al kans wat die Afrikaner in Afrika oorhet is as ons selfbeskikking kan kry." Die VN het 'n "volkereg"-beginsel waarvolgens geen volk oor 'n ander mag beheer uitoefen sonder sy toestemming nie. Hy dink ons het 'n kans.
- "Groter magte wil my stem stilmaak". Sy digbundel moes al jare terug verskyn het maar iets weerhou die uitgewers.. dalk opkoopgeld deur andere?
- "Die Boere het grond by die swartes geKOOP." Die kontrak tussen Dingaan en Retief is in Retief se leersak langs sy lyk gevind. En Dingaan het geteken, al was dit net met 'n kruisie op die papier...
- "Ons het nou 'n sms-noodreddiens". M.b.v. sms-tegnologie word 'n diens nou regoor die land in gebruik geneem waar mense blitsvinnig andere kan laat weet as hulle in die moeilikheid is/aangeval word.
- "Etanol as alternatiewe brandskof word deur owerhede doodgedruk". Soos met kure teen kanker, elektriese motors en tandepasta wat alle tandbederf sal voorkom, word hierdie een doodgedruk. Om te voorkom dat boere meer geld uit mielies kan maak...
WAT DOEN JY OM JOU AFRIKAANSHEID UIT TE LEEF?
'n Self-toets:
1. Wanneer laas het jy SEWENDE LAAN gekyk sonder om die ENGELSE ONDERSKRIFTE TE LEES?
2. Wanneer laas het jy, jong nig, jou KAPPIE MET TROTS aangesit wanneer jy gaan inkopies doen? Of met jou PATROONBELT, neef?
3. Wanneer laas het jy vir Nestle 'n brief geskryf om daarop aan te dring dat hulle weer AFRIKAANS TERUGSIT OP DIE MILO-BLIK? Of aan enige ander organisasie?
4. Wanneer laas het jy KLEILAT SAAM MET JOU KINDERS, of enige ander kinders, gespeel?
5. Wanneer laas het jy die VLAGLIED IN DIE BAD gesing? "Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?"
Gee jou self 'n punt uit 5. Een punt vir elke JA op bg. vrae.
Telling?
5: Ware Afrikaner!! Ek sal vir jou oom Eugene se telefoonnommer en selfoonnommer gee.
4: Ek sal vir jou oom Eugene se huistelefoonommer gee.
3. Ek sal vir jou oom Eugene se buurman se telefoonnommer gee
2. Ek sal vir jou oom Eugene se dokter se telefoonnommer gee.
1. Ek sal vir jou die ANC-kantoor in Johannesburg se telefoonnommer gee.
Groete,
Suigeling
Kopiereg S van Niekerk 2007