Wie onthou? DIE TV-HONDETANNIE, Barbara Woodhouse, in 1980... "Walkies!"FOTO: news.bbc.co.uk/1/
ELKEEN HET SY EIE STORIE
Hier volg dan voorgestelde boektitels vir Jurie en Hestrie, Deon (wat nou baie tyd op hande het) en Niekie, vir bedags voor 12 en na 3.
JURIE EN/OF HESTRIE (Titel vir hom of haar):
Hoe sê mens dankie (vir die Kiwi’s)? (Kies 'n skrywer)
Onder die “make-up”. (Kies ‘n skrywer)
“I’m a single girl”. Die rowwe jare van …. (kies ‘n skrywer)
Lief, leer my noot hou... (Kies ‘n skrywer).
Whistle me a love song, rather... (Kies ‘n skrywer).
DEON:
Tuinmaak in jou vrye tyd.
101 dinge om oor naweke (of in die week) te doen.
Na die duiwel met hulle!
VOLUME 1: My lewe na IDOLS
VOLUME 2: My lewe na BEELD.
VOLUME 3: My lewe na RAPPORT.
VOLUME 4: Tuinmaak in jou vrye tyd – NOU MET VARS KOMPOSMENGSELS!
NIEKIE:
How to lose friends and influence no-one: A Life Story.
Die dag toe die mikrofoon stil geword, en almal my naam vergeet het.
Hoe om jou medemens te beledig: 'n Kennershandleiding
Te groot vir my skoene: Moeilike grootwordjare in Randfontein.
Die dag toe my ego nie meer deur die deur kon pas nie: My Dag in die Bed.
OK, ek is nie 'n "fan" van Niekie nie. Hy is veels te kortaf met mense, hy kan gerus by 702-aanbieders 'n paar lesse gaan leer hoe om mooi met inbellers te praat.
NUUSBROKKIES
Hierdie week in die nuus:
In Zimbabwe is volgende jaar se Maart-verkiesingsuitslae hierdie naweek uit die Zanu-PF kantore gesteel.
In Suid-Afrika is die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty besig met hul “Rooi Oktober” veldtog. In November. Ons noem dit: Afrikatyd.
In Randburg is motoriste verlede week in hegtenis geneem waar hulle oor soliede lyne gery, en u-draaie op onwettige plekke gemaak het. Ons hoop dat gevaarlike misdadigers voortaan ook onwettige u-draaie maak, sodat hulle ook vasgetrek kan word.
Op ‘n ernstiger noot – GEMENGDE REAKSIE: Deon Maas is by Rapport weggejaag omdat groot groepe mense gedreig het om die koerant te boikot. Selfs van Rapport se verkoopsagente het gedreig om nie die koerant meer in hulle winkels en by hulle afsetpunte te verkoop nie. Die hele veldtog is gevoer deur sms’e en e-posse wat verkondig het dat weens Maas se uitlatings oor Satanisme (dat dit net sowel as godsdiens aanvaar kan word), die koerant geboikot moet word. ‘n Woordvoerder van die NG Kerk het gesê dat dit die verkeerde manier was om die saak aan te pak, ek self het in ‘n epos genoem dat Maas nie werd is asem te haal nie en is daaroor oor die kole gehaal, maar die “bottom line” is: hy het die Christelike geloof en dinge wat vir ons as Christene belangrik is soos die kerk, aangevat en dinge wat vir ons taboe is, soos Satanisme, goedgekeur, en dit is vir my genoeg rede om hom uit die kamer te jaag, nie net mooi te vra om te loop nie.
Tot volgende keer,
Die Suigeling
Kopiereg 2007 Stefan van Niekerk
* Sommige dele van dié rubriek is fiksie. Probeer gerus vir jouself uitmaak watter dele dit is. Nuusbronne: die druiweprieël.
